• Alex

URIENWEG INFEKSIE

‘n algemene, ongemaklike storie


Deur HFN Sr. Nadia Langenegger


Tuis verpleeging word deur meeste mense verkies in plaas daarvan om opgeneem te word in ‘n hospitaal. As ‘n gerigestreerde verpleegkundige vir HFN Nursing Agency geniet ek dit om tuis besoeke af te le. Om altyd na die beste van my vermoë sorg te kan gee, moet ek persoonlike vrae vra om sodoende vas te stel of daar iets skort.

Dit is dan my plig om enige abnormale bevindings oor te dra aan die betrokke dokter of gesondheidsorgpraktisyn. Ek gee graag aanbevelings binne my bestek van praktyk.


Onder is twee voorbeelde waarna ek verwys in verband met ‘n urienweg infeksie en hoe die infeksie homself kan voordoen.


Wat ek dikwels oplet, is dat daar een of ander tyd vreemde gedrag na vore kom, veral by ouer mense … en moenie glo dit is net ‘n skielike agteruitgang van demensie nie.


Voorbeeld 1:

‘n Bejaarde tante met dimensie wat gewoonlik vriendelik is, en nou aggressief en geirriteerd voorkom.

Ek het ‘n urien monster aangevra, en net daar en dan ‘n uriene toets gedoen. Nitrate en Leukosiete was volop teenwoordig in die uriene toets.

Die dokter is ontbied, wat die klient fisies ondersoek het. Antibiotika en nodige medikasie is voorgeskryf.

Na so om en by twee weke, is die tante weer haarself, nogsteeds met demensie, maar nie meer so geirriteerd en aggresief nie.

Voorbeeld 2:

‘n Jonger dame met ‘n suprapubiese kateter insito.

(Die voordeel hiervan, is dat die verpleegkundige dadelik die kleur kan waarneem en kan sien of daar afsaksels in die dreinerende uriene is.)

Die dame het ‘n lae graadse koors gehad asook pelviese pyn.

Ek het ‘n Urien monster (MKS) geneem en weggestuur na die laboratorium, op aanbeveling van die dokter.

Bogenoemde dame het ‘n ernstige infeksie gehad en is gehospitaliseer vir byna drie weke.


Soos u kan sien, kan urienweg infeksies homself meesterlike vermom. Deur jare se navorsing en praktiese ondervinding, is Urienweg Infeksie wel ontmasker!


My wenke vir voorkoming :

1) Inkontinente kliente moet mooi skoon gewas word en droog gehou word.

2) Probiflora is ons vriend

3) Moedig water inname aan

4) Vervang uriene kateters op die datum wat die dokter voorskryf .

(‘n Supra pubiese silikon kateters moet elke 3 maande vervang word).


Tekens van urienweg infeksies:

1) Urienering wat brand of die gevoel om kort-kort te urineer

2) Aanstootlike urien reuk

3) Urine is donker van kleur

4) Uriene lyk “wolkerig”, het afsaksels of partikeltjies wat ronddryf

5) Soms ‘n lae graadse koors

6) Ouer mense, is geneig om geirriteerd te raak en selfs deurmekaar

7) Meer algemeen by dames


Urienweg infeksie moet altyd behandel word, en hoe gouer, hoe beter!


Vriendelike groete

Nadia Langenegger (GV)

7 views0 comments

Recent Posts

See All

Diabetes – Foot notes As a Registered Nurse at HFN Nursing Agency, it is part of my duty to educate. Being part of the HFN team I can impart some information to my patients and their families. I also

a common, uncomfortable story By HFN SR. Nadia Langenegger Most people prefer home nursing care rather than being admitted hospital. As a Registered Nursing Sister for HFN Nursing Agency I take over